PREEKOPSOMMING – 14 JULIE 2024

/*! elementor – v3.23.0 – 05-08-2024 */
.elementor-widget-image{text-align:center}.elementor-widget-image a{display:inline-block}.elementor-widget-image a img[src$=”.svg”]{width:48px}.elementor-widget-image img{vertical-align:middle;display:inline-block}
/*! elementor – v3.23.0 – 05-08-2024 */
.elementor-heading-title{padding:0;margin:0;line-height:1}.elementor-widget-heading .elementor-heading-title[class*=elementor-size-]>a{color:inherit;font-size:inherit;line-height:inherit}.elementor-widget-heading .elementor-heading-title.elementor-size-small{font-size:15px}.elementor-widget-heading .elementor-heading-title.elementor-size-medium{font-size:19px}.elementor-widget-heading .elementor-heading-title.elementor-size-large{font-size:29px}.elementor-widget-heading .elementor-heading-title.elementor-size-xl{font-size:39px}.elementor-widget-heading .elementor-heading-title.elementor-size-xxl{font-size:59px}

PREEKOPSOMMING – 14 Julie 2024

Tema: Petrus op die strand
Teks: Johannes 21:1-19
Teksvers: Johannes 21:7 – “Toe Simon Petrus hoor dat dit die Here is, het hy sy hemp aangetrek – want sy bolyf was kaal – en in die water gespring.”

/*! elementor – v3.23.0 – 05-08-2024 */
.elementor-widget-divider{–divider-border-style:none;–divider-border-width:1px;–divider-color:#0c0d0e;–divider-icon-size:20px;–divider-element-spacing:10px;–divider-pattern-height:24px;–divider-pattern-size:20px;–divider-pattern-url:none;–divider-pattern-repeat:repeat-x}.elementor-widget-divider .elementor-divider{display:flex}.elementor-widget-divider .elementor-divider__text{font-size:15px;line-height:1;max-width:95%}.elementor-widget-divider .elementor-divider__element{margin:0 var(–divider-element-spacing);flex-shrink:0}.elementor-widget-divider .elementor-icon{font-size:var(–divider-icon-size)}.elementor-widget-divider .elementor-divider-separator{display:flex;margin:0;direction:ltr}.elementor-widget-divider–view-line_icon .elementor-divider-separator,.elementor-widget-divider–view-line_text .elementor-divider-separator{align-items:center}.elementor-widget-divider–view-line_icon .elementor-divider-separator:after,.elementor-widget-divider–view-line_icon .elementor-divider-separator:before,.elementor-widget-divider–view-line_text .elementor-divider-separator:after,.elementor-widget-divider–view-line_text .elementor-divider-separator:before{display:block;content:””;border-block-end:0;flex-grow:1;border-block-start:var(–divider-border-width) var(–divider-border-style) var(–divider-color)}.elementor-widget-divider–element-align-left .elementor-divider .elementor-divider-separator>.elementor-divider__svg:first-of-type{flex-grow:0;flex-shrink:100}.elementor-widget-divider–element-align-left .elementor-divider-separator:before{content:none}.elementor-widget-divider–element-align-left .elementor-divider__element{margin-left:0}.elementor-widget-divider–element-align-right .elementor-divider .elementor-divider-separator>.elementor-divider__svg:last-of-type{flex-grow:0;flex-shrink:100}.elementor-widget-divider–element-align-right .elementor-divider-separator:after{content:none}.elementor-widget-divider–element-align-right .elementor-divider__element{margin-right:0}.elementor-widget-divider–element-align-start .elementor-divider .elementor-divider-separator>.elementor-divider__svg:first-of-type{flex-grow:0;flex-shrink:100}.elementor-widget-divider–element-align-start .elementor-divider-separator:before{content:none}.elementor-widget-divider–element-align-start .elementor-divider__element{margin-inline-start:0}.elementor-widget-divider–element-align-end .elementor-divider .elementor-divider-separator>.elementor-divider__svg:last-of-type{flex-grow:0;flex-shrink:100}.elementor-widget-divider–element-align-end .elementor-divider-separator:after{content:none}.elementor-widget-divider–element-align-end .elementor-divider__element{margin-inline-end:0}.elementor-widget-divider:not(.elementor-widget-divider–view-line_text):not(.elementor-widget-divider–view-line_icon) .elementor-divider-separator{border-block-start:var(–divider-border-width) var(–divider-border-style) var(–divider-color)}.elementor-widget-divider–separator-type-pattern{–divider-border-style:none}.elementor-widget-divider–separator-type-pattern.elementor-widget-divider–view-line .elementor-divider-separator,.elementor-widget-divider–separator-type-pattern:not(.elementor-widget-divider–view-line) .elementor-divider-separator:after,.elementor-widget-divider–separator-type-pattern:not(.elementor-widget-divider–view-line) .elementor-divider-separator:before,.elementor-widget-divider–separator-type-pattern:not([class*=elementor-widget-divider–view]) .elementor-divider-separator{width:100%;min-height:var(–divider-pattern-height);-webkit-mask-size:var(–divider-pattern-size) 100%;mask-size:var(–divider-pattern-size) 100%;-webkit-mask-repeat:var(–divider-pattern-repeat);mask-repeat:var(–divider-pattern-repeat);background-color:var(–divider-color);-webkit-mask-image:var(–divider-pattern-url);mask-image:var(–divider-pattern-url)}.elementor-widget-divider–no-spacing{–divider-pattern-size:auto}.elementor-widget-divider–bg-round{–divider-pattern-repeat:round}.rtl .elementor-widget-divider .elementor-divider__text{direction:rtl}.e-con-inner>.elementor-widget-divider,.e-con>.elementor-widget-divider{width:var(–container-widget-width,100%);–flex-grow:var(–container-widget-flex-grow)}

Daar is iets omtrent wanneer iemand jou liefhet bo wat jy verdien, daar is iets omtrent wanneer iemand jou vergewe, wanneer jy weet hoe verkeerd jy was en besef hoeveel straf jy moet kry. Dit is genade. Hierdie idee van genade en vergifnis is wel baie onnatuurlik. Dit is teen wat ons glo en voel. Juis daarom sukkel ons baie keer om die idee van genade regtig te snap. Een van die redes is dalk omrede die woord genade ‘n woord is waarmee ons so bekend is, ‘n woord wat ons gereeld gebruik, en gereeld op Sondae hoor. Dit is so algemene woord dat ons die betekenis daarvan vergeet het.

In vandag se gedeelte kyk ons na ‘n ontmoeting wat Jesus met Petrus gehad het. Petrus het 3 jaar in die binne kring van Jesus beweeg, hy het Jesus se onbeskryflike wonderwerke gesien, al Jesus se wonderbaarlike genesings beleef, nie net van vreemde mense nie, maar ons lees ook in Matteus 8 dat Jesus sy skoonma genees het. Petrus het Jesus se boodskappe gehoor, hy het later self ook erken dat Jesus die Messias is. Petrus was daar toe Jesus in die moeilikste tyd van Sy lewe in Getsemane bid. Petrus het baie naby aan Jesus geleef. En tog weet ons dat Jesus hom waarsku dat hy Hom gaan verloën. Lees wat is Petrus se reaksie daarop en sy antwoord aan Jesus in Matteus 26:35. Alhoewel hy dit sê weet ons wat gebeur in Lukas 22, Petrus het drie maal vir Jesus in die openbaar verloën. Toe Petrus besef wat gebeur, het dit hom heeltemal gebreek, lees wat staan in Lukas 22:62, lees die Message-Translation. Dadelik toe Petrus besef wat gebeur het, is hy oorlaai met skuldgevoel.

Nadat Jesus gesterf en weer opgestaan het, ontmoet Jesus twee keer voor hierdie gedeelte wat ons gaan saam lees vir Petrus, maar dit wil voorkom asof Petrus nie verby die skuldgevoel kon kom nie. Ek dink al wat in sy kop oor en oor herhaal word is die feit dat hy die Persoon wat hy beweer het hy die liefste het, in die openbaar verloën het. Kom ons lees van Jesus se ontmoeting met Petrus in Johannes 21:1-19.

Ons lees in Johannes 20 hoe Jesus ‘n ontmoeting met die dissipels gehad het, lees wat is Sy opdrag aan hulle in Johannes 20:21. Hulle moet gestuurdes wees, om die nuus van Jesus se opstanding met almal te deel. Ons lees in Johannes 21 dat Petrus die keuse maak om in plaas daarvan om ‘n gestuurde te wees, kies hy om te gaan visvang. Om as te ware terug te keer na sy lewe voor Jesus, want voor Jesus hom die eerste keer geroep het was hy ‘n visserman. Ons kom agter dat al het Petrus vir Jesus gesien, hy nog nie werklik ‘n ontmoeting met Jesus gehad het nie. Dit is asof hy wegdryf van Jesus af, asof hy probeer vlug. Hy soek iets om hierdie skuldgevoelens te onderdruk en dalk is visvang die antwoord. Ek dink ons maak ook dikwels so. Soveel keer val ek en jy terug na soveel dinge in ‘n poging om die gewig van ons skuldgevoelens te hanteer.

Ons val terug op werk, ons val terug op sekere verhoudings, gewoontes, stokperdjies, ens. Ons hardloop na hierdie dinge met al ons krag in die hoop dat dit ons beter sal laat voel, in die hoop dat dit die gaping in ons sal vul.

MAAR iets wonderliks gebeur terwyl hulle op die see is en niks vis vang nie, Jesus daag op net soos in die verlede. Ons lees in Lukas 5 hoe Jesus vir Petrus roep terwyl hy visvang. Dieselfde Jesus, dieselfde see, kon dalk selfs dieselfde boot wees. Hier is Jesus weer. Hy weier om vir Petrus net te los, Hy weier om op te gee op Petrus. Dit is eintlik baie teen die kultuur van ons tyd, ons leef in ‘n kultuur waar die persoon wat teen jou onreg gedoen het, dit is hulle plig om na jou toe te kom en hulle sonde en skuld teenoor jou te bely. Hulle is mos die wat verkeerd was en aangejaag het. As hulle goed genoeg en mooi genoeg jammer sê, kan hulle net dalk genade van ons ontvang. MAAR hier is Jesus die een wat na die persoon toe gaan wat Hom verloën het, die persoon wat gesê het hy ken Hom nie, en Jesus gaan ontmoet hom.

Ons het genoem daar is ‘n klomp ooreenkomste tussen Petrus se eerste roeping in Lukas 5 en hierdie verhaal in Johannes 21. Daar is wel een massiewe verskil tussen die twee ontmoetings wat Jesus met Petrus gehad het. Lees Lukas 5:8 toe Petrus besef wie Jesus is. Lees dan Johannes 21:7. Vir soveel jare het Petrus gehoor van genade, hy het gehoor wat Jesus deel in gedeeltes soos Matteus 18:12, MAAR hier vir die eerste keer, besef hy werklik wat genade is. Dat Jesus na hom toe kom. Vir die eerste keer word Matteus 18:12 vir Petrus meer as net ‘n verhaal wat Jesus vertel het, dit word vir hom ‘n werklikheid. Dit is asof Petrus hier in Johannes 21 vir die eerste keer regtig snap wat genade is. Genade is om ten spyte van my foute en sonde, te swem na Jesus toe. Die Jesus wat soos die verlore seun se pa staan en wag. Hierdie Jesus wat nie opgee op ons nie. Lees Psalm 86:15 in die 1983-Vertaling asook die Message-Translation.

Mag jy smag daarna om nie net genade te verstaan nie, maar om dit te ervaar. Petrus het vir lank dink ek genade verstaan, maar hier ervaar hy genade. In die Bybel het Paulus ons baie kragtige goed van genade geleer met teksverse soos 1 Korintiërs 15:10 lees die Passion-Translation en 2 Korintiërs 9:8 lees die Boodskap-Vertaling. Paulus gebruik meer as 100 keer die woord genade in sy briewe, maar Jesus aan die anderkant gebruik selde die woord genade, want Hy wil ons nie net vertel van genade nie, Hy wil ons wys wat genade werklik is. Want om genade te verduidelik sonder om dit self te ervaar het ‘n klein uitwerking op ons lewe. Lees 2 Korintiërs 6:1 in die Passion-Translation. E.B White het gesê: “Grace can be dissected like a frog, but the thing dies in the process.” Kyle Idleman sê: “Om genade te verduidelik is nodig, maar om genade te ervaar is noodsaaklik.” Mag jy soos Petrus ‘n ontmoeting met Jesus hê wat jou laat ervaar wat genade regtig is. Dat genade jou skuld verwyder, jou skande toemaak, jou verhoudings genees. Romeine 5:15 sê hierdie genade wat God aan ons gee oortref alles!

Toe Jesus klaar saam die dissipels geëet het, vra Hy drie keer vir Petrus of hy Hom liefhet, ek dink Jesus vra juis vir Petrus hierdie vraag omrede Hy wil hê Petrus moet besef hoe lief Jesus hom eintlik het. Tydens ‘n konferensie in Brittanje het teoloë gevra wat is die ding wat uniek is aan Christenskap. Dalk is die feit dat Jesus wat God is mens geword het, dalk van Sy opstanding uit die dood, en so het hulle gesprek vir ure aangehou want op al hulle voorstelle kon daar bewys word dat ander gelowe ook so glo en voorbeelde daarvan het. C.S Lewis het gesê die een ding wat Christenskap uniek maak is genade. Almal het heelhartig toe saamgestem. Die feit dat God se liefde gratis, sonder enige voorwaarde vir ons gegee word, is teen alles wat die mens glo en oortuig is van. In elke ander geloof moet jy iets doen om te verdien. Christenskap is die enigste geloof wat liefde onvoorwaardelik maak. Ons kan niks doen dat God ons minder liefhet en ons kan niks doen dat Hy ons meer liefhet nie. Dit is die grootste vorm van genade.

Lees Efesiërs 2:4-5 in die 2020-Vertaling, God het ons so onbeskryflik lief dat Hy nooit opgee op ons nie, maak nie saak wat ons doen nie, maak nie saak hoeveel keer ons Hom verloën nie. Elke keer is daar weer vir ons genade. Lees Johannes 1:16 asook Klaagliedere 3:22 in die Nuwe Lewende-Vertaling. Jesus bewys genade aan Petrus omrede Hy hom liefhet, net so bewys God keer op keer aan ons genade omrede Hy ons so liefhet. Jeremia beskryf hierdie liefde vir my so kragtig in Jeremia 31:3, lees die Nuwe Lewende-Vertaling asook die Message-Translation. Paulus vertel vir ons die volgende oor hierdie liefde van God aan ons in Romeine 5:5, lees die vers in die Boodskap-Vertaling asook die Passion-Translation.

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *