PREEKOPSOMMING – 7 JULIE 2024

/*! elementor – v3.23.0 – 05-08-2024 */
.elementor-widget-image{text-align:center}.elementor-widget-image a{display:inline-block}.elementor-widget-image a img[src$=”.svg”]{width:48px}.elementor-widget-image img{vertical-align:middle;display:inline-block}
/*! elementor – v3.23.0 – 05-08-2024 */
.elementor-heading-title{padding:0;margin:0;line-height:1}.elementor-widget-heading .elementor-heading-title[class*=elementor-size-]>a{color:inherit;font-size:inherit;line-height:inherit}.elementor-widget-heading .elementor-heading-title.elementor-size-small{font-size:15px}.elementor-widget-heading .elementor-heading-title.elementor-size-medium{font-size:19px}.elementor-widget-heading .elementor-heading-title.elementor-size-large{font-size:29px}.elementor-widget-heading .elementor-heading-title.elementor-size-xl{font-size:39px}.elementor-widget-heading .elementor-heading-title.elementor-size-xxl{font-size:59px}

PREEKOPSOMMING – 7 JULIE 2024

Tema: Ander blindes by die Tempel
Teks: Johannes 9:1-12
Teksvers: Johannes 9:6 – “Nadat Hy dit gesê het, spoeg Hy op die grond en maak met die spoeg ‘n bietjie klei aan. Toe smeer Hy die klei aan die man se oë.”

/*! elementor – v3.23.0 – 05-08-2024 */
.elementor-widget-divider{–divider-border-style:none;–divider-border-width:1px;–divider-color:#0c0d0e;–divider-icon-size:20px;–divider-element-spacing:10px;–divider-pattern-height:24px;–divider-pattern-size:20px;–divider-pattern-url:none;–divider-pattern-repeat:repeat-x}.elementor-widget-divider .elementor-divider{display:flex}.elementor-widget-divider .elementor-divider__text{font-size:15px;line-height:1;max-width:95%}.elementor-widget-divider .elementor-divider__element{margin:0 var(–divider-element-spacing);flex-shrink:0}.elementor-widget-divider .elementor-icon{font-size:var(–divider-icon-size)}.elementor-widget-divider .elementor-divider-separator{display:flex;margin:0;direction:ltr}.elementor-widget-divider–view-line_icon .elementor-divider-separator,.elementor-widget-divider–view-line_text .elementor-divider-separator{align-items:center}.elementor-widget-divider–view-line_icon .elementor-divider-separator:after,.elementor-widget-divider–view-line_icon .elementor-divider-separator:before,.elementor-widget-divider–view-line_text .elementor-divider-separator:after,.elementor-widget-divider–view-line_text .elementor-divider-separator:before{display:block;content:””;border-block-end:0;flex-grow:1;border-block-start:var(–divider-border-width) var(–divider-border-style) var(–divider-color)}.elementor-widget-divider–element-align-left .elementor-divider .elementor-divider-separator>.elementor-divider__svg:first-of-type{flex-grow:0;flex-shrink:100}.elementor-widget-divider–element-align-left .elementor-divider-separator:before{content:none}.elementor-widget-divider–element-align-left .elementor-divider__element{margin-left:0}.elementor-widget-divider–element-align-right .elementor-divider .elementor-divider-separator>.elementor-divider__svg:last-of-type{flex-grow:0;flex-shrink:100}.elementor-widget-divider–element-align-right .elementor-divider-separator:after{content:none}.elementor-widget-divider–element-align-right .elementor-divider__element{margin-right:0}.elementor-widget-divider–element-align-start .elementor-divider .elementor-divider-separator>.elementor-divider__svg:first-of-type{flex-grow:0;flex-shrink:100}.elementor-widget-divider–element-align-start .elementor-divider-separator:before{content:none}.elementor-widget-divider–element-align-start .elementor-divider__element{margin-inline-start:0}.elementor-widget-divider–element-align-end .elementor-divider .elementor-divider-separator>.elementor-divider__svg:last-of-type{flex-grow:0;flex-shrink:100}.elementor-widget-divider–element-align-end .elementor-divider-separator:after{content:none}.elementor-widget-divider–element-align-end .elementor-divider__element{margin-inline-end:0}.elementor-widget-divider:not(.elementor-widget-divider–view-line_text):not(.elementor-widget-divider–view-line_icon) .elementor-divider-separator{border-block-start:var(–divider-border-width) var(–divider-border-style) var(–divider-color)}.elementor-widget-divider–separator-type-pattern{–divider-border-style:none}.elementor-widget-divider–separator-type-pattern.elementor-widget-divider–view-line .elementor-divider-separator,.elementor-widget-divider–separator-type-pattern:not(.elementor-widget-divider–view-line) .elementor-divider-separator:after,.elementor-widget-divider–separator-type-pattern:not(.elementor-widget-divider–view-line) .elementor-divider-separator:before,.elementor-widget-divider–separator-type-pattern:not([class*=elementor-widget-divider–view]) .elementor-divider-separator{width:100%;min-height:var(–divider-pattern-height);-webkit-mask-size:var(–divider-pattern-size) 100%;mask-size:var(–divider-pattern-size) 100%;-webkit-mask-repeat:var(–divider-pattern-repeat);mask-repeat:var(–divider-pattern-repeat);background-color:var(–divider-color);-webkit-mask-image:var(–divider-pattern-url);mask-image:var(–divider-pattern-url)}.elementor-widget-divider–no-spacing{–divider-pattern-size:auto}.elementor-widget-divider–bg-round{–divider-pattern-repeat:round}.rtl .elementor-widget-divider .elementor-divider__text{direction:rtl}.e-con-inner>.elementor-widget-divider,.e-con>.elementor-widget-divider{width:var(–container-widget-width,100%);–flex-grow:var(–container-widget-flex-grow)}

Lees Johannes 9:1-12. Hierdie man in ons teks is van geboorte af blind, ons lees ook in vers 8 dat hierdie man ‘n bedelaar was. Hierdie man se blindheid het ‘n klomp slegte gevolge gehad. Mense het geglo dit is a.g.v. sy sonde dat hy blind is, hulle het geglo die Here het hom gestraf met blindheid. Omrede hulle gevoel het hy is vol sonde is hy uit die tempel gewerp, uitgewerp uit die samelewing. Mense het gevoel hy is ‘vuil’. Fisies vuil omrede hy ‘n bedelaar is, en ook vuil van sonde. Daarom het almal hom vermy en regtig nie aan hom enige aandag gegee nie. Niemand wou eintlik eers na die man kyk nie. Ek weet dit het heeltemal verander van die Bybelse tyd af. Mense vermy glad nie oog-kontak met die karwag as hulle nie geld het nie. Mense vermy glad nie oog-kontak met die bedelaar by Spar of by die Stop-straat nie.

In Johannes 9:1 lees ons Jesus sien hierdie man wat nie kan sien nie. Ons kry hierdie idee van sien teenoor blindheid dwarsdeur hierdie gedeelte. Dit begin met die man wat fisies blind is, maar daarna lees ons van die dissipels se blindheid. Hulle sien hierdie blinde man sonder om hom raak te sien. Al wat hulle kon sien toe hulle na die man kyk is ‘n ‘topic of discussion rather than an object of compassion.’ Nie een van hierdie dissipels dink daaraan om hierdie man te help nie, NEE al wat hulle sien is iemand om te bespreek. Al wat hulle sien is hierdie man se sonde. Stephan Joubert sê: “Ons is soveel beter in ‘Sin-Spotting’ as ‘God-Spotting’.” Ons sien sonde in mense soveel makliker raak as wat ons God raak sien. En hierdie dissipels is ‘n goeie voorbeeld daarvan. As jy van Johannes 9:12 af verder lees, sou jy raaksien dat die Fariseërs ook blind is. Hulle is so blind vir wat Jesus in hierdie man se lewe doen. Nadat hy terugkom en kon sien, was nie een van hulle saam hom bly nie, hulle peper hom net heeltyd met ‘n klomp vrae. Selfs na die wonderwerk was hy vir hulle net ‘n onderwerp om te bespreek.

Ons maak vandag nog mense ‘n onderwerp vir bespreking. Ons bespreek mense se sonde en swaarkry agter hulle rug. Daar is ‘n Hebreeuse woord wat die idee verduidelik. Die woord is Niergan, en die woord Niergan beteken om te skinder. Onderwerp vir bespreking = Skinder. Lees wat sê Salomo oor skinder in Spreuke 18:8, lees die Boodskap-Vertaling. Lees daarna Psalm 15:1-3 ook in die Boodskap-Vertaling. Wat sien jy as jy na mense kyk? Hoe sien jy ‘daai mense’, jy weet mos ‘daai mense’ oor wie ons so lekker praat? Berne Brown sê: “Ons is daai mense, jy weet die wat so bietjie anders is. Die meeste van ons is een salaristjek, een egskeiding, een dwelmverslaafde kind, een geestesgesondheid-diagnose, een ernstige siekte, een seksuele aanranding, een teveel drankie, een affair, weg daarvan om daai mense te wees.”

Hoe ons na mense kyk is belangrik. Ons lees in die teksgedeelte dat Jesus hierdie blinde man raakgesien het, Jesus het anders na Hom gekyk.

Nadat Jesus hom raaksien het, toe gebeur die vreemdste ding, Jesus praat nie ‘n woord met hom nie, Hy spoeg net skielik op die grond en maak klei van die grond. Jy weet self as iemand by jou spoeg wat is die boodskap wat jy kry. Dit voel of daai persoon geen respek vir jou het nie. Nou net so was dit in die Bybelse tyd, as mense geïrriteerd is met jou en jou gebedel, dan spoeg hulle voor jou om net weereens te wys ek is beter as jy. Dink jouself in die manier wat hierdie mense na die man gekyk het as hulle so spoeg, hoe hulle neergekyk het op hom. Ons spoeg dalk nie meer by bedelaars of mense met sonde nie, maar ek wonder net of ons manier van kyk nie nog dieselfde sê nie? Spreuke 6:16-17 praat van die manier van kyk. Lees die Boodskap-Vertaling.

Daar is ‘n verhaal wat dit so goed verduidelik, lees Lukas 10:30-33. Almal het die man gesien, maar net een het werklik hom raakgesien. Die ander se kyk het gesê ons is belangriker as jy, ons het nie tyd vir jou nie. Hulle manier van kyk was vol hoogmoed. Hulle kyk maar hulle sien nie. Dit is amper soos Esegiël 12:2 in die Boodskap-Vertaling sê. Berne Brown skryf in haar boek oor hoe sy eendag by ‘n ‘drive-through’ haar bestelling moes kry en net voor sy by die venster kom waar sy dit moet ontvang, lui haar selfoon, sy antwoord toe, en dadelik toe sy by die venster kom en die vrou ‘n paar sekondes moes wag sê sy, “jammer ek het gedink dit is my kind se skool, jammer dat ek geantwoord het en jou laat wag het.” Die vrou wat werk kry trane in haar oë en sê: “Baie dankie, jy het geen idee hoe vernederend die werk kan wees nie, dit is asof mense my nie eers raaksien nie.”

Hoe kyk ons na mense? Daar is fout met ons oë, baie van ons is blind. Lees Openbaring 3:17-18 in die Nuwe Lewende-Vertaling, net soos Jesus modder op die man se oë smeer het ons hierdie oogsalf nodig om beter na mense te kyk, om dieper te kyk as wat op die oppervlak is. Ons moet leer om anders na mense te kyk, om iets dieper raak te sien. Dit werk soos daai 3D prentjies. Ek sal anders en dieper moet kyk om dit wat daar eintlik is raak te sien. Ons moet leer om dieper na mense te kyk, anders na mense te kyk, te kyk soos 2 Korintiërs 5:16 vra. Lees die vers in die 2020-Vertaling asook die Message-Translation. Dit wat vir so lank by hierdie man ‘n negatiewe konnotasie gehad het, hierdie spoeg, die idee dat mense jou nie raaksien nie en neerkyk op jou, gebruik Jesus om hierdie man se genesing te bewerk. Jesus kyk anders na mense, en nooi ons ook uit om anders te kyk.

Die vraag vanoggend is hoe gaan ons dit regkry om anders na mense te kyk, om dieper na mense te kyk? Lees Johannes 9:41 in die Nuwe Lewende-Vertaling. Jesus verduidelik vir hierdie Fariseërs hulle grootste probleem is die feit dat hulle nie wil erken dat hulle eintlik blind is nie. Daar is niemand so blind soos mense wat blind is vir hulle blindheid nie. Ek dink ons moet heel eerste begin deur te erken vanoggend dat ons blind is, dat ons nodig het dat die Here ons oë moet oopmaak sodat ons die Lig kan sien.

Dit is juis die manier hoe ons beter na mense kyk, en dit is wanneer die Lig deel van ons lewe is. Jesus gebruik juis hierdie blinde man om vir ons iets hiervan te leer. Lees wat sê Jesus in Johannes 8:12. Hoe dink jy is dit om in donkerte te lewe? Baie dieselfde as om blind te wees. Jesus sê as jy Hom nie volg nie, dan is jy eintlik blind. Daarom herhaal Jesus ook hierdie idee van Lig in Johannes 9:4-5. Hy genees hierdie blinde man van blindheid, stel hom bloot aan die lig, om ook vir Sy dissipels te leer dit is belangrik om die Lig te volg, om weg te kom van die duisternis. Die hartseer is soveel van ons is soos Johannes 3:19 sê, lees die vers in die Boodskap-Vertaling.

Johannes 8:12 leer ons hoe om beter na mense te kyk. Daar is ‘n belangrike Griekse woord in hierdie teksvers. Die woord lewe is die Griekse woord ‘perepateo’ en beteken eintlik eenvoudig om te loop. Lees Johannes 8:12 in die Bybel vir Almal, dieselfde idee word herhaal in Efesiërs 5:8, lees die English Standard-Version. Wanneer ons in die duisternis loop kan ons niks en niemand sien nie. Lees wat sê Johannes 12:36 in die Message-Translation. MAAR lees ook Johannes 1:9.  Wanneer ons in die Lig is en daar leef, dan begin ons dinge beter raaksien, ons begin mense raaksien. Ons kyk beter. Ons sien mense raak.

My hart vandag is dat jy anders sal kyk na mense. Dat jy oogsalf sal aansit en mense sal raaksien, en nie met oë vol hoogmoed kyk nie, maar oë vol liefde. Wanneer die Here ons oë aanraak begin ons Jesus in ander raaksien. Skielik sien ons nie net meer al die sonde en sleg raak nie, ons sien Jesus. Ons kyk anders na mense. Hoe nader ons aan die Lig leef, hoe beter kan ons na mense kyk!

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *