/*! elementor – v3.23.0 – 05-08-2024 */
.elementor-widget-image{text-align:center}.elementor-widget-image a{display:inline-block}.elementor-widget-image a img[src$=”.svg”]{width:48px}.elementor-widget-image img{vertical-align:middle;display:inline-block} 
/*! elementor – v3.23.0 – 05-08-2024 */
.elementor-heading-title{padding:0;margin:0;line-height:1}.elementor-widget-heading .elementor-heading-title[class*=elementor-size-]>a{color:inherit;font-size:inherit;line-height:inherit}.elementor-widget-heading .elementor-heading-title.elementor-size-small{font-size:15px}.elementor-widget-heading .elementor-heading-title.elementor-size-medium{font-size:19px}.elementor-widget-heading .elementor-heading-title.elementor-size-large{font-size:29px}.elementor-widget-heading .elementor-heading-title.elementor-size-xl{font-size:39px}.elementor-widget-heading .elementor-heading-title.elementor-size-xxl{font-size:59px}
PREEKOPSOMMING – 30 JUNIE 2024
Tema: ‘n Blinde man by die tempel
Teks: Johannes 9:1-7
Teksvers: Johannes 9:3 [DB] – ““Nee,” sê Jesus, “dis nie een van hulle se skuld nie. God wil juis hierdie man se blindheid gebruik om te wys wat Hy vir mense kan doen.”
/*! elementor – v3.23.0 – 05-08-2024 */
.elementor-widget-divider{–divider-border-style:none;–divider-border-width:1px;–divider-color:#0c0d0e;–divider-icon-size:20px;–divider-element-spacing:10px;–divider-pattern-height:24px;–divider-pattern-size:20px;–divider-pattern-url:none;–divider-pattern-repeat:repeat-x}.elementor-widget-divider .elementor-divider{display:flex}.elementor-widget-divider .elementor-divider__text{font-size:15px;line-height:1;max-width:95%}.elementor-widget-divider .elementor-divider__element{margin:0 var(–divider-element-spacing);flex-shrink:0}.elementor-widget-divider .elementor-icon{font-size:var(–divider-icon-size)}.elementor-widget-divider .elementor-divider-separator{display:flex;margin:0;direction:ltr}.elementor-widget-divider–view-line_icon .elementor-divider-separator,.elementor-widget-divider–view-line_text .elementor-divider-separator{align-items:center}.elementor-widget-divider–view-line_icon .elementor-divider-separator:after,.elementor-widget-divider–view-line_icon .elementor-divider-separator:before,.elementor-widget-divider–view-line_text .elementor-divider-separator:after,.elementor-widget-divider–view-line_text .elementor-divider-separator:before{display:block;content:””;border-block-end:0;flex-grow:1;border-block-start:var(–divider-border-width) var(–divider-border-style) var(–divider-color)}.elementor-widget-divider–element-align-left .elementor-divider .elementor-divider-separator>.elementor-divider__svg:first-of-type{flex-grow:0;flex-shrink:100}.elementor-widget-divider–element-align-left .elementor-divider-separator:before{content:none}.elementor-widget-divider–element-align-left .elementor-divider__element{margin-left:0}.elementor-widget-divider–element-align-right .elementor-divider .elementor-divider-separator>.elementor-divider__svg:last-of-type{flex-grow:0;flex-shrink:100}.elementor-widget-divider–element-align-right .elementor-divider-separator:after{content:none}.elementor-widget-divider–element-align-right .elementor-divider__element{margin-right:0}.elementor-widget-divider–element-align-start .elementor-divider .elementor-divider-separator>.elementor-divider__svg:first-of-type{flex-grow:0;flex-shrink:100}.elementor-widget-divider–element-align-start .elementor-divider-separator:before{content:none}.elementor-widget-divider–element-align-start .elementor-divider__element{margin-inline-start:0}.elementor-widget-divider–element-align-end .elementor-divider .elementor-divider-separator>.elementor-divider__svg:last-of-type{flex-grow:0;flex-shrink:100}.elementor-widget-divider–element-align-end .elementor-divider-separator:after{content:none}.elementor-widget-divider–element-align-end .elementor-divider__element{margin-inline-end:0}.elementor-widget-divider:not(.elementor-widget-divider–view-line_text):not(.elementor-widget-divider–view-line_icon) .elementor-divider-separator{border-block-start:var(–divider-border-width) var(–divider-border-style) var(–divider-color)}.elementor-widget-divider–separator-type-pattern{–divider-border-style:none}.elementor-widget-divider–separator-type-pattern.elementor-widget-divider–view-line .elementor-divider-separator,.elementor-widget-divider–separator-type-pattern:not(.elementor-widget-divider–view-line) .elementor-divider-separator:after,.elementor-widget-divider–separator-type-pattern:not(.elementor-widget-divider–view-line) .elementor-divider-separator:before,.elementor-widget-divider–separator-type-pattern:not([class*=elementor-widget-divider–view]) .elementor-divider-separator{width:100%;min-height:var(–divider-pattern-height);-webkit-mask-size:var(–divider-pattern-size) 100%;mask-size:var(–divider-pattern-size) 100%;-webkit-mask-repeat:var(–divider-pattern-repeat);mask-repeat:var(–divider-pattern-repeat);background-color:var(–divider-color);-webkit-mask-image:var(–divider-pattern-url);mask-image:var(–divider-pattern-url)}.elementor-widget-divider–no-spacing{–divider-pattern-size:auto}.elementor-widget-divider–bg-round{–divider-pattern-repeat:round}.rtl .elementor-widget-divider .elementor-divider__text{direction:rtl}.e-con-inner>.elementor-widget-divider,.e-con>.elementor-widget-divider{width:var(–container-widget-width,100%);–flex-grow:var(–container-widget-flex-grow)}
Het jy al wanneer iets sleg met jou gebeur of wanneer jy deur ‘n moeilike tyd gaan vir die Here gevra: “Hoekom ek Here?” “Wat het ek gedoen om dit te verdien?” Hoekom vra ons hierdie vrae? Ek dink ten diepste glo elkeen van ons in wat teoloë noem die “oorsaak en gevolg teologie.” Dit is die oortuiging dat goeie mense verdien goeie goed en slegte mense verdien slegte goed.
Een van die redes waarom ons so voel is ten diepste ‘n gevoel van ‘entitlement’. Ons voel dat ons verdien en is geregtig daarop dat dit met ons goed gaan omrede ons ‘reg leef’. Navorsing wys dat swaarkry meer ‘n probleem is in lande soos ons s’n as wat dit is in minder ontwikkelde lande waar daar baie meer swaarkry is. Dit is interessant dat op plekke waar daar baie meer daaglikse pyn en ongemak is, is hulle nie so obsessief oor hoekom God dit sou toelaat nie. Trouens, baie van hulle hou baie stywer vas aan die Here as wat baie van ons doen. In Westerse lande, waar plesier as die hoogste ‘goed’ beskou word, as daardie plesier van ons weggeneem word, as ons in ‘n moeilike tyd beland, skree en kla ons harder as enigiemand anders.
Here, waarom gebeur hierdie slegte goed met my? As U my liefhet hoe kan U toelaat dat dit gebeur? Die groot ding wat seer en teleurstelling doen is, dit veroorsaak ‘n klomp vrae by mense. Hoe kan ‘n almagtige en liefdevolle God toelaat dat Sy mense deur sulke slegte en moeilike tye gaan en net niks daaraan doen nie. Barna-groep asook ander navorsingsorganisasies het mense gevra as hulle die Here een vraag kon vra wat Hy moet antwoord, wat sou dit wees? Die vere meerderheid het gesê hulle sal by God wou weet waarom laat Hy toe dat soveel mense swaarkry. Wel dit is nie net ons wat daarmee worstel nie, in ons ontmoeting met Jesus lees ons dat Jesus se dissipels baie dieselfde vraag vir Hom vra. Lees Johannes 9:1-7.
Jesus se dissipels vra vir Jesus die vraag waarom hierdie man blind is, eintlik dieper in hulle vraag kom ons agter wat hulle glo en wat hulle oortuiging is. Hulle glo sy blindheid is a.g.v. sonde. Ons lees ook baie daarvan in Job. Job se vriende kom vir weke en selfs maande en probeer hom oortuig dat dit a.g.v. sy sonde is dat hy so swaar kry. Lees Job 4:8-9 in die Bybel vir Almal. Lees ook Job 8:1-7 en Job 11:13-20. Ons sien so duidelik in hierdie gedeeltes die gevolg en oorsaak tipe manier van glo. Sonde moet die oorsaak wees van swaarkry. Hierdie man se blindheid is a.g.v. sy sonde. Wel die ding is as dit waar was dan moes almal in die wêreld blind wees. Die Woord leer ons dat ons almal sonde het, en niemand eintlik ten diepste goed is nie.
Die realiteit is, ons wil graag ‘n antwoord hê vir ons swaarkry en moeilike tye, wat is die rede? Wie en wat is die oorsaak? Wel, daar kan verskillende redes wees hoekom ons dink dit gebeur. 1) Dit is dalk oor wat jy verkeerd gedoen het, ja, daar is soms direkte lyne tussen sonde en straf. As jy steel gaan jy tronk nie. 2) Baie van ons voel ons swaarkry is ‘n manier wat God ons toets of ons geloof toets, maar lees wat sê Jakobus 1:13 in die Boodskap-Vertaling hieroor. 3) Soms is ons moeilike tye en swaarkry deur ons eie keuses, 4) soms is dit deur ander mense se keuses. MAAR BAIE keer is dit nie so eenvoudig nie. En Jesus se antwoord oor hierdie man se blindheid wil juis vir ons iets kom leer oor swaarkry. Lees Johannes 9:3 in die Boodskap-Vertaling. Jesus antwoord dat dit niemand se skuld is nie. BAIE keer is daar eenvoudig nie antwoorde nie.
Die lewe is moeilik! Lees wat sê Jesus in Matteus 7:14, lees die Bybel vir almal. Lees wat sê Job self in Job 14:1, lees die Boodskap-Vertaling asook die Message-Translation. Iemand wat nogal baie hieroor geskryf het is een van die mees bekendste teoloë wat self baie teëspoed en swaarkry beleef het, C.S Lewis, en hy sê: “Die grootste konstante in ons lewe is ‘Undulation.’” ‘Undulation’ se definisie is: ‘n Stygende en dalende vloeibeweging. Die lewe is vol op en af tye. Die groot vraag is hoe en wat doen ons met die AF tye in ons lewe, hoe hanteer ons dit, wat gebeur in en met ons in daardie tyd? Meeste van ons het een van drie maniere hoe ons voel en reageer in swaarkry. 1) Sommige mense dank en prys die Here vir al die goeie goed wat gebeur, en vervloek Satan vir al die slegte goed. 2) Ander loof God vir al die goeie in hul lewens, maar vervloek Hom tog wanneer dinge verkeerd loop en hulle swaarkry. 3) En laastens glo sommige dat God liefdevol in beheer is van alles wat gebeur. Hulle prys God vir die goeie wat gebeur en prys Hom selfs in die slegte tye wat plaasvind, hulle vertrou dat Hy alles ten goede sal meewerk.
Al wil ons dit nie erken nie, al wens ons dit was anders, die lewe is moeilik, seer en swaarkry is deel van ons lewe en ons het nie altyd antwoorde oor hoekom nie. Die hartseer is net dit voel vir my ons soek meer na antwoorde as wat ons na God soek. Ons moet dalk ophou om heeltyd die donker te vervloek en bietjie meer die Lig aanbid. Lees wat sê Paulus oor swaarkry in Galasiërs 3:4. Die Here wil in ons swaarkry ons uitnooi om:
1) Lees Jakobus 1:3 in die Boodskap-Vertaling. Ons het die keuse om in ons swaarkry en moeilike tye soveel nader aan God te groei, om elke keer na Hom toe te hardloop met dit wat ek deurgaan. Jy weet self in jou eie lewe, die tye wat mens die swaarste kry is die tye waar ons die naaste aan die Here leef. Lees 2 Korintiërs 7:9 in die Message-Translation. C.S Lewis skryf: “Pain insists upon being attended to. God whispers to us in our pleasures, speaks in our consciences, but shouts in our pains.” Dit is dikwels juis in ellende, hartseer, pyn, swaarkry, worsteling en verlies wat ons God se genade die helderste sien. Hoe slegter dit gaan, hoe meer kan ons onder die indruk kom van God se genade en versorging. Hoe slegter dit gaan, hoe meer raak ons bewus van ons afhanklikheid van God en hoe beter leer ons hierdie God ken. Beweeg nader aan die Here!
2) Lees Job 36:15 in die Boodskap-Vertaling asook die Good News-Translation. Ons lees nogal baie hieroor in Hebreërs 12. Lees vers 11 in die Nuwe Lewende-Vertaling. Die Griekse woord vir gedissiplineer is gumnazō. Dit word vertaal met Gimnasium. Wanneer mens in ‘n gimnasuim is en jy oefen bv. jou arms, wanneer jy ‘bicep curls’ doen, wat gebeur later met jou spiere hoe meer jy oefen? Dit word seer, dit voel swak, dit voel of jy net eenvoudig nie jou stel oefeninge kan klaarmaak nie. Maar wat eintlik gebeur is jou spiere word sterker. So dit voel vir jou of jy swak is, of jy seer het, maar intussen word jou spiere sterker. Dit is presies wat met seer in ons lewe gebeur. Ons voel swak en seer, maar intussen is dit God se manier om ons sterk te maak. Om ons geloof te strek, om dit sterker te maak. Vra die Here om jou sterker te maak wanneer jy deur moeilike tye gaan!
3) Laaste is juis Jesus se antwoord aan Sy dissipels oor die blinde man. Lees weer Johannes 9:3 in die Boodskap-Vertaling, ons swaarkry is ‘n geleentheid vir die Here, God kan iets kragtig in en deur ons kom doen. Dalk moet ons fokus skuif van hoekom dit met my gebeur na wat wil die Here hiermee doen. Die stand inneem soos Josef in Genesis 50:20. Vra die Here dat Hy deur jou swaarkry iets in jou lewe en ander se lewe sal doen.
Lees ter afsluiting Klaagliedere 3:28-30 in die Message-Translation. Jesus se ontmoeting met hierdie blinde man wil vandag net weer vir ons sê dat swaarkry deel van ons lewe is. Ons verstaan nie altyd hoekom dit gebeur nie, maar God skram nie weg van ons swaarkry en vrae nie, die Woord ook nie. Daarom lees ons in die Woord van boeke soos Job, Klaagliedere, baie van die Psalms. Ons lees van mense se geworstel met swaarkry en teëspoed. Maar ek dink nie dit moet heeltyd ons fokus wees nie. Kom ons fokus liewer op die Here en vra wat Hy in en deur ons moeilike tye en swaarkry wil doen. Moet nie heeltyd die donker vloek nie, maar aanbid die Lig.

